top of page

Gods gift to cattlemen

Welkom by Bosiu Borane!

Makena en Mona Scheepers is die hart van Bosiu Borane en die hele gesin en kleinkinders deel in die liefde vir die Boran ras.

Sedert 2011 is die plaas Klein Thaba Bosiu naby Fouriesburg in die Oos-Vrystaatse berge vol Borane en hulle verteenwoordig die heel beste kwaliteit wat ons in die hande kon kry.

Ons het nie net die heel beste gekoop wat hy kon bekostig nie, maar die heel beste gekoop wat ons in die hande kon kry, of ons dit nou kon bekostig of nie!

Ons het ‘n baie spesifieke mikpunt gehad toe ons die Bosiu Boranstoet begin het, en die eerste hiervan is dat ons ‘n bees gesoek het wat moeilik steel. Ons sit hier reg op die Lesotho-grens, en veediefstal is ‘n groot probleem. Die Boran is baie tropgebonde, wat dit baie moeilik maak om een of twee van die trop af te skei en aan te jaag. Net so belangrik in sy omgewing met sy strawwe winters en met beide variasies van Rooiwater wat reeds die omgewing ingekom het, is weerstand teen bosluis-oorgedraagde siektes. Die Boran se rekord spreek vanself.

Ons glo nie aan ‘n wonder-ras nie, en die Boran is ook maar net ‘n bees. Maar sy stel van positiewe eienskappe oorskadu sy negatiewe eienskappe heeltemal.

Sedert ons die Boran van naderby leer ken het, het ons bevestiging gekry van sommige van hierdie positiewe eienskappe.

Die eerste is sy klein kalf. Kalfprobleme by Borane is amper heeltemal onbekend.

Hiermee saam is die Boran ook bekend vir sy langslewendheid. Die effek hiervan is dat jy baie minder vervangingsverse per jaar hoef groot te maak. Ons afsnypunt vir sy koeie is 15 jaar.


Gedurende daardie 15 jaar spandeer mens heelwat minder op daardie koei omdat die Boran se onderhoud so laag is. Jy gebruik baie minder lek en jy dip baie minder. Ons het byvoorbeeld die Borane reeds 2 jaar gehad voor ons hulle die eerste keer gedip het.

Ons selekteer baie streng op bouvorm en hoewe en bene. Dan neem ons groei in aanmerking, en natuurlik die visuele beeld van die dier, van neus tot stert.

Ons nuutste Nuus
Publikasies
bottom of page